Update
OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus het vir die week verdaag.
Die regter moes vanoggend met die hofganger praat oor hul optrede teenoor Titus na sy glo gister na die hofverrigtinge deur hofgangers met goed gegooi is. Haar regsverteenwoordiger Henk Cartstens het gesê dat daar opmerkings teenoor haar gemaak is en dat sy lelike goed toegsnou is en ook met voorwerpe buite die hof gegooi is.
Die regter het hofgangers gevra om hulle te weerhou van lelike kommentaar teenoor Titus.
Magdaleen Titus, Preston se vrou en beweerde meesterbrein agter die moord op haar man, is sedert Woensdag in die getuiebank. Kruisondervraging van die ander verdagtes se regsverteenwoordigers het die week begin.
Louise Luterek, Masithembe January se regsverteenwoordiger, het gister aan Titus gevra oor haar buite egtelike verhouding met MJ. Volgens Titus het sy 'n oomblik van swakheid beleef en het sy vir MJ geval.
Adv. Christénus van der Vijver, die staatsaanklaer, is Woensdag met sy kruisondervraging begin en is steeds besig. Dit sal Maandag voortgesit word.
Voor die hof vandag verdaag het hy haar oor die aand van die moord op 1 Desemeber 2017 uitgevra. Hy het selfoonrekords van daardie aand uitgelig en daarop gewys dat Titus en Sixabiso Klip, 'n verdagte wat reeds gevonnis is, op 'n konstante basis daardie aand kontak gehad het.
Ook dat die rekords wys waar elkeen op die aand van die moord was en dat Justice Mooi, Titus en Klip se selfoon op 1 Desember van die selfoontoring naby die weermagbasis reflekteer het.
Volgens hom was haar en Klip se laaste gesprek 13 minute voor elf die aand van 1 Desember. Om 23:20 wys sy selfoonrekords dat hy by Kandelaarsrivier op pad na Mosselbaai is.
Volgens vroeër getuienis is dit waar polisie die moordwapens gevind het.
"Mev. Titus, u het volgens u weergawe aan die slaap geraak en in so 'n diep slaap verval dat u nie die gru-moord op u man gehoor het nie, maar u het wakker geword van u oudste dogter wat net na 23.00 huis toe gekom het. Die moord op u man was tussen 23.00 en 23.20. Is dit moontlik?"
Van der Vijver het aan haar gesê dat almal foute maak en dat sy steeds die geleentheid het om jammer te sê as iets verkeerd sou gedoen het. Sy het egter gesê dat sy by haar weergawe hou en dat sy vas geslaap het toe haar man vermoor is en niks weet van die beplande moord op haar man nie.
Die saak gaan Maandag voort.
Magdaleen Titus.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Hof verdaag vir vandag
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'