Update
OUDTSHOORN NUUS - Elvis Galeboe, die pastoor wat verlede jaar met een van die verdagtes in die Titus-moordsaak, Masithembe January, by die Oudtshoorn Courant se kantore opgedaag het, is in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met 'n ander huurmoord.
Die Oudtshoorn Courant het gister verneem dat Galeboe gister op klagtes van moord en sameswering om moord te pleeg in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het.
Volgens die Bloemfontein Courant en ander dagblaaie, is hy aangekeer vir die moord op 'n besigheidsman en plaasboer, Ntau Lucas Mokoena, wat op 8 Julie in sy huis doodgeskiet is.
Mokoena se vrou, Kelebogile Louisa Mokoena, was kort na die moord in hegtenis geneem nadat sy glo die gesin se drie honde vergiftig het sodat die moordenaars toegang tot die huis kon hê.
Die Mokoenas was gemeentelede in Galeboe se kerk.
Galeboe moet nog in die Titus-moordsaak op Oudtshoorn getuig.
Die Titus-moordsaak en die moord in Bloemfontein het verskeie ooreenkomste.
In beide gevalle is die mans in hul huise vermoor; in beide gevalle was daar sprake van huweliksprobleme tussen die onderskeie egpare; in beide gevalle was betrokkenes by die moorde by Galeboe se kerk betrokke en in beide gevalle is drie huurmoordenaars gebruik om die moorde te pleeg.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
Lees verwante artikels hier:
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
- Titus-Moordverhoor weer uitgestel
- Weermagmoordverhoor wéér uitgestel
- Weermagmoordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Verhoor binne 'n verhoor oor bekentenis
- Weermagmoordverhoor steeds aan die gang
- Weermagmoord: Selfoonrekords ontleed
- Weermagmoord: Moordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Week 3 van moordverhoor
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'