Update
OUDTSHOORN NEWS - Justice Mooi, die man wat na bewering gehuur is om Preston Titus op 1 Desember 2017 in sy huis te vermoor, se verklaring is vandag in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn aanvaar.
'n Verhoor binne verhoor oor die verklaring het verlede Donderdag klaargemaak het na Mooi self getuig het oor die dag wat hy in Port Elizabeth in hegtenis geneem is en die omstandighede waaronder hy die verklaring afgelê hy.
Hy beweer dat hy met Sixabiso Klip se bekentenis gebombadeer is en dat hy gedwing was om die verklaring af te lê.
Regter Nolwasi Boqwana het egter vanoggend besluit dat die verklaring aanvaar word.
Daar word beweer dat Magdaleen (Maggie) Titus vir Mooi en 'n man, wat net as Vusumsi bekend staan, sou betaal om haar man, Preston, te vermoor.
Die verklaring is deur kol. Eric Jullies aan die hof voorgelees.
Volgens Mooi verklaring het Elvis Galeboe, Masithembe January se geestelike vader, vir Mooi en MJ aan mekaar voorgestel twee weke voor die moord. MJ, Elvis, Sixbiso Klip, Magdaleen Titus en Natasha Stuurman was saam in PE.
Mooi en Galeboe was sedert 2008 vriende. Titus het gesê dat sy nie gelukkig is in haar huwelik nie. Galebo wat Titus se profeet ook was, het aan haar gesê haar man, Preston, probeer om haar dood te maak en dat hy 'n verhouding met 'n ander vrou het by wie hy ook 'n kind het. Preston sou glo toordery gebruik om Titus te vermoor.
Galeboe het, volgens Mooi se verklaring, aan Titus gesê, dat sy iets omtrent die situasie moet doen voor haar man haar doodmaak. Dis hoe hulle besluit het om van Preston ontslae te raak.
Titus het glo R5 000 oorbetaal sodat Mooi en Vusumsi na Oudtshoorn kon kom om die moord te pleeg.
Hy het gesê dat Klip hulle rondgery het dat hulle by Stuurman se huis oornag het.
Hy en Vusumsi is glo die aand van die moord na Titus se huis op die weermagbasis. Sy het die kombuisdeur vir hulle oopgemaak. Sy het, volgens Mooi se verklaring, iets in Preston en haar jongste dogter se kos gegooi om hulle aan die slaap die maak. Sy het twee tablette, 'n selfoon en R3 500 in 'n sakkie gesit wat Mooi en Vusumsi na die moord moet saam neem sodat dit soos 'n inbraak moet lyk.
Vusumsi het saam met Titus ingeloop en sy het hom gaan wys waar Preston se kamer is. Vusumsi het Preston toe, volgens Mooi se verklaring, met 'n hamer geslaan en met 'n mes gesteek en ook met pepersproei gespuit.
"Ek het paniekerig geraak omdat hy te lank gevat het. Toe hy terugkom het ek het hom gevra of Preston dood is en hy het gesê hy weet nie, want die man het terug baklei."
Klip het hulle toe na Mosselbaai geneem en Vusumsi het sy klere langs die pad weggegooi. Vusumsi moes R10 000 na die moord kry en R20 000 as als afgehandel was.
Klip was ook die een wat na die tyd met ons sou kommunikeer, maar dit het later verander. Titus het ook aan MJ 'n tent, stoele en instrumente belowe om hom met sy kerk te help.
Natasha Stuurman en haar prokureur Lizanne Prinsloo. Foto's: Liezl van Niekerk
Mooi het in sy verklaring gesê dat hulle glo by Stuurman se huis gehoor dat daar 'n bedrag van R20 miljoen was - die geld en die feit dat Titus op MJ verlief was, was waarskynlik die motief vir die moord - aldus Mooi se verklaring.
Na die moord gepleeg is kon kommunikasie met Titus slegs deur Galeboe plaasvind.
'n Ruk na die moord het Galeboe aan Mooi gesê dat hy die geld het. Volgens Mooi se verklaring is dit waarom hy Galeboe in McDondalds in PE ontmoet het waar hy toe in hegtenis geneem is.
Die verhoor sal môre voortgaan waar Klip weer gaan getuig.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'