Update
OUDTSHOORN NUUS - Magdaleen Titus, wyle Preston Titus se vrou, is steeds in die getuiebank.
Die moordverhoor van Preston het vanoggend weer in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn begin na dit in September uitgestel is en die staat hul saak gesluit het.
Titus het vanoggend begin getuig oor hoe sy die verdagtes wat saam met haar aangekla word, leer ken het. Sy het Sixabiso Klip, wat reeds gevonnis is, Masithembe January en Justice Mooi in 2017 ontmoet.
Sy ken Natasha Stuurman al 15 jaar.
Net voor middagete was sy besig om te getuig oor die aand wat haar man vermoor is. Sy het vertel dat sy en haar man nie in een kamer geslaap het nie omdat hy gesnork het en altyd met oop vensters en 'n waaier geslaap het.
Sy sê dat sy die aand van die moord 'n waaier in sy kamer gesit het en ook een in haar en haar jongste dogter se kamer.
Haar oudste dogter was by 'n partytjie en sou deur 'n vriend wat ook in die weermagbasis woon huis toe geneem word. Titus het vertel dat sy langs haar dogter gaan slaap het.
"Ek het wakker geword van 'n klop aan die venster en iemand wat roep. Ek het eers gelê om te hoor of ek reg gehoor het en toe staan ek op, want dit was my oudste dogter wat wou inkom. Sy het aan haar pa se venster geklop.
"Soos ek by die kamer uitgeloop het, het ek vir Preston gevra of hy nie die kind hoor klop nie en toe sien ek die kamer is deurmekaar. Toe sien ek Preston op sy maag tussen die twee enkelbedjies lê. Ek het geskree."
Volgens haar het sy terug gehardloop na haar jongste dogter en 'n kombers oor haar gegooi en haar gesê om in die kamer te bly. Sy het toe die agterdeur vir die oudste dogter oopgesluit.
Die man wat die oudste dogter afgelaai het, het by haar verby gestorm na Preston se kamer.
Titus sê sy is weer buitentoe en het na die bure geroep en wou die jongste dogter gaan haal toe die oudste dogter aan haar sê dat haar sussie reeds by die venster uit is en na bure gegaan het.
Die hof gaan 14:00 voort.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'