OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus is Maandag in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn tot 6 November uitgestel. Die staat het verlede week hul saak gesluit en die verdediging moes die week hul saak voor die hof stel.
Adv. Stoffel Prinsloo het egter aangedui dat Justice Mooi geen getuies in die saak sal roep nie en dat Mooi ook nie gaan getuig nie.
Henk Carstens, Magdaleen Titus se prokureur het 'n doktersbrief aan die hof oorhandig omdat Titus siek is.
"Sy is afgeboek tot 18 September en wil graag self in die saak getuig. Sy is egter op die stadium te siek."
Regte Nolwasi Boqwana het die saak uitgestel en Titus sal dus in haar eie saak getuig wanneer die verhoor in November voortgaan.
Mooi bly in aanhouding en Titus, Natasha Stuurman en Masithembe January se borgtog is tot die saak weer begin, verleng.
Die verdagtes is, van links: Justice Mooi, Magdaleen Titus, Natasha Stuurman en Masithembe January.
Lees vorige artikels hier:
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'