Update
OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus het vandag weer in die rondgaande hooggregshof op Oudtshoorn begin.
Regter Nolwazi Boqwana het verlede week die saak na vandag uitgestel sodat Magdaleen Titus en Natasha Stuurman se regshulpprokureurs op rekord kan kom en sodat die verhoor binne verhoor kan voortgaan.
Die verhoor het in Maartmaand vanjaar gestop en is sedertdien vertraag weens die onsekerheid rondom Stuurman en Titus se regsverteenwoordigers.
Nick Carstens, Magdaleen Titus se nuwe regsverteenwoordiger, en Lizanne Prinsloo, Natasha Stuurman se regsverteenwoordiger, is vandag by die hof.
Die hof het egter 'n uur laat begin omdat Masithembe January laat was. Sy regsverteenwoordiger, Louise Luterer, het egter aangedui dat haar kliënt se pa oorlede is end at hy vanoggend van die Kaap af gebring is.
Die verhoor binne verhoor handel oor 'n bekentenis wat Justice Mooi, 'n beskuldigde in die saak, glo gemaak het.
Sy prokureur, adv. Stoffel Prinsloo, betwis die bekentenis omdat die verklaring glo onder dwang afgelê is en dat Mooi hardhandig deur die polisie behandel is.
Ao. Martin le Roux, 'n ondersoekbeampte in die saak, was voor middagete nogsteeds in die getuiebank. Prinsloo is besig met kruisondervraging.
Nick Carstens, Magdaleen Titus se nuwe regsverteenwoordiger, en Lizanne Prinsloo, Natasha Stuurman se regsverteenwoordiger in die hof. Foto's: Liezl van Niekerk
Lees vorige artikels hier:
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
- Titus-Moordverhoor weer uitgestel
- Weermagmoordverhoor wéér uitgestel
- Weermagmoordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Verhoor binne 'n verhoor oor bekentenis
- Weermagmoordverhoor steeds aan die gang
- Weermagmoord: Selfoonrekords ontleed
- Weermagmoord: Moordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Week 3 van moordverhoor
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'