Update
OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus is steeds aan die gang in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn.
Sixabiso Klip, die verdagte in die moord wat reeds gevonnis is, se getuienis is afgehandel.
Sy ma, Princess Klip is tans in die getuiebank.
Volgens staatsadvokaat Christénus van der Vijver, het sy ‘n aansoek aan die hof geskryf omdat sy en Klip se prokureur toegang tot Klip geweier is en hy sy bekentenis sonder ‘n prokureur moes aflê.
Sy het egter tydens haar getuienis gesê dat Clyde Avontuur, ‘n plaaslike prokureur, haar gebel het en gevra het om haar te ontmoet. Sy het hom by die polisiestasie ontmoet waar na hulle na adv. Benito Metembo se huis gegaan het om die situasie te bespreek.
Volgens haar getuienis, het Magdaleen Titus glo by haar woning ‘n dag of twee na Klip se in hegtenisneming aan haar gesê sy sal kyk na Klip en sorg vir sy regsverteenwoordiging.
Volgens Princess het sy nooit ‘n prokureur aangestel om haar seun te help nie, maar was sy tog dankbaar op daardie stadium dat daar wel ‘n prokureur was.
Henk Carstens, Titus se regsverteenwoordiger, het dit egter aan Princess gestel dat dit sy instruksie is dat Princess self die prokureur gebel en gereël het.
Princess het hierop reageer deur te sê dat Titus ‘n leuenaar is.
Die verhoor word na middagete voortgesit met Princess wat steeds in die getuie bank is.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'