Update
OUDTSHOORN NUUS - Die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn het vir vandag verdaag.
Henk Carstens, Magdaleen Titus se regsverteenwoordiger het klaar sy vrae aan Titus gestel en die hof sal môre met kruisondervraging deur die ander regsverteenwoordigers begin.
Titus het na middagete voort gegaan met haar weergawe van die aand van die moord van haar man, Preston Titus. Sy het rustig en kalm voorgekom terwyl sy oor die gebeure van daardie aand getuig het.
Volgens haar was sy, na sy haar man se liggaam in die kamer ontdek het, in ‘n toestand en glad nie haarself nie.
“Ek was histeries en het selfs op ‘n stadium vir ‘n polisiebeampte gevra of ons nie vir Preston hospitaal toe kan neem nie.”
Sy het gesê dat sy eers ‘n hele ruk later besef het dat daar items uit haar huis gesteel is.
Carstens het dit aan haar gestel dat Sixabiso Klip in sy bekentenis gesê het dat sy die moord op haar man beplan het en Justice Mooi gehuur het om hom te vermoor.
Sy het dit ontken.
Volgens haar het sy ook nie geweet van enigiemand wat haar man wou vermoor of dat daar so iets beplan was nie.
Carsten het ook aan haar gevra of sy weet waarom Klip haar as meesterbrein agter die moord sal impliseer.
“Ek weet regtig nie,” het sy geantwoord.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'