Update
OUDTSHOORN NUUS - Die hof het verdaag vir vandag.
Justice Mooi het self in die getuie bank gestaan vandag. Hy het getuig oor die dag van sy arrestasie en die omstandighede waaronder hy die verklaring afgelê het.
Die staatsadvokaat, Christénus van der Vijver en adv. Stoffel Prinsloo, Mooi se regsverteenwoordiger, sal môre hul slotbetoë rakende die verhoor binne 'n verhoor lewer.
Die regter moet dan besluit of die hof die verklaring wat Mooi na sy arrestasie afgelê het gaan aanvaar of nie.
Mooi beweer dat sy regte nie aan hom voorgehou is nie en dat hy bloot die verklaring afgelê het omdat hy geglo het dit is die enigste manier om die polisie te kry om hom uit te los.
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'