Update
OUDTSHOORN NUUS - Die staat het vanoggend met slotbetoë begin in die moordverhoor van Preston Titus.
Die saak is vroeër die week na vandag uitgestel omdat Magdaeen Titus glo te siek was om hofverrigtinge by te woon.
Staatsadvokaat Christènus van der Vijver, het gesê dat die staat hul saak bo redelike twyfel teen Magdaleen Titus en Justice Mooi bewys het. Volgens hom is dit duidelik dat Mooi deel was van die beplanning van die moord en dat Titus Mooi ten alle koste probeer beskerm het.
Hy het gesê dat die beskuldigdes almal die gemene doel gehad het om Preston te vermoor. Volgens Van der Vijver was Titus 'n swak getuie en het sy haar weergawe konstant verander soos verskillende bewyse voor haar geplaas is.
Hy sê verder dat hy oortuig is daarvan dat sy wakker was voor die moord gepleeg is en dat sy die persoon is wat die deur vir die beweerde moordenaars oopgemaak het. Volgens Van der Vijver blameer Titus almal vir die moord op haar man en gedurende haar getuienis blameer sy selfs haar vorige regsverteenwoordiger omdat hy glo instruksies van haar verkeerd verstaan het.
Hy het haar weergawe van die moord as hoogs onwaarskynlik beskryf veral om die weergawes van die ander verdagtes en Sixabiso Klip s'n so baie dieselfde is, maar haar verskil heeltemal.
Sy het ook 'n baie selektiewe geheue volgens Van der Vijver.
Selfoonrekords stem ook, volgens hom, feitlik heeltemal ooreen met Klip se weergawe voor, na en tydens die moord.
Lees vorige artikels hier:
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
- Weermagmoord: Hof verdaag tot Dinsdag
- Weermagmoord: Titus klaar in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverhoor verdaag
- Weermagmoord: Hof verdaag vir vandag
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'