OUDTSHOORN NUUS - Brullende enjins, brandende bande en strawwe kompetisie het die afgelope naweek by die Red Rock Raceway in Oudtshoorn vir 'n aksiebelaaide Spring Festival gesorg.
Die Oudtshoorn-motorklub se byeenkoms het jaers in verskeie stampkarklasse gelok en boonop 'n besondere mylpaal bereik met die aanbieding van die eerste Klein-Karoo Karting-kampioenskap in Oudtshoorn.
Die 11-jarige Hendrik Botha het bewys dat talent en vasberadenheid geen ouderdomsgrens ken nie.
Hy het met 'n indrukwekkende eerste plek in die 200 cc-klas weggestap.
Die wenners in die verskillende stampkarklasse was:
- Beetles: Herman Neethling (G4)
- 390, vroue: Marliny Steyn (D134)
- Ope klas: Jean Bekker (D75)
- Developments: Connor Simpson (G21)
- 200 cc: Hendrik Botha (D555)
- 390 Mods: Gawie Steyn (ZM8)
- 300 Mods: Ulrich Muller (G15)
- 270 cc: Werner Oosthuizen (G100)
- Supermods: Jean Bekker (D75)
- Outlaws: Rocco de Reuck (G21)
- 390 Standards: Jean Pierre Kotze (Z666)
Die volgende jaers het ook eerste plekke in hul onderskeie klasse tydens die Spring Festival behaal:
- Ninja Rods: Ziaan du Plessis (D323)
- RWD Legends: Coenie Meyer (D222)
- 1600 Saloons: Jacques Snyman (D56)
- 1660's: Burger van der Westhuizen (D17)
- 2.1's: Jacques Combrinck (D96)
- Hotrods: Kiaan Aylward (E68)
- American Saloons: Lucius Fourie (D99)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’