Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vier verdagtes wat van die moord op Preston Titus aangekla word, is Woensdag na vandag (Vrydag) in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn uitgestel.
Magdaleen Titus, die beweerde meesterbrein agter die moord op haar man, was te siek om hofverrigtinge by te woon.
Die ander drie verdagtes, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masithembe January (MJ) was wel teenwoordig.
Haar regsverteenwoordiger, Henk Carstens, het die siekbrief aan die hof oorhandig. Die hof moes Woensdag met slotbetoë van die staat sowel as die verdediging begin het.
Dit volg na die verdediging ook verlede Vrydag hul saak gesluit het na die kruisondervraging van MJ klaargemaak het.
Hy het onder kruisverhoor van Carstens, getuig dat die polisie miskien fouteer het met die afneem van sy waarskuwings-verklaring deur nie alles neer te skryf wat hy hulle meegedeel het nie.
"Ek was ook nie myself na twee doodsdreigemente wat ek van Titus en Justice Mooi gekry het nie."
Volgens Carstens is dit sy instruksie van Titus, dat dit hy en Sixabiso Klip is wat haar man se moord beplan het.
Adv. Stoffel Prinsloo, Justice Mooi se regsverteenwoordiger, saam met Lizanne Prinsloo, Natasha Stuurman se regsverteenwoordiger. Foto's: Liezl van Niekerk
Hierop het January geantwoord dat Titus "almal se lewens ongelukkig gemaak het en nou leuens kom vertel in die hof". "Sy is 'n goeie, groot leuenaar," het hy bygevoeg.
Oor die leë pepersproeikannetjie wat hy die Sondag na die moord saam met ander rommel uit Stuurman se motor gehaal en in 'n plastieksak gegooi het, het January getuig dat hy nie toe die belangrikheid daarvan besef het nie.
Hy het dit later aan sy profeet Elvis Gadebo, uitgewys en Galeboe het dit aan die polisie oorhandig.
MJ het ook getuig dat hy en Titus met die dood van haar man steeds in 'n verhouding was, maar toe reeds versuur was, as gevolg van die doodsdreigement wat hy van haar gekry het.
"Ek het ook gedink dat ek na die dreigemente van haar en Mooi gekry het, die tweede persoon gaan wees wat doodgemaak gaan word."
Adv. Christénus van der Vijver (staatsaanklaer) saam met Louise Luterer (Masithembe January se regsverteenwoordiger).
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
- Weermagmoord: Hof verdaag tot Dinsdag
- Weermagmoord: Titus klaar in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverhoor verdaag
- Weermagmoord: Hof verdaag vir vandag
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'