OUDTSHOORN NUUS - Die Preston Titus-moordsaak in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn is Vrydag na die sluiting van die verdediging se saak, vir slotargumente tot Woensdag 20 November, uitgestel.
Regter Nolwazi Boqwana het die regsverteenwoordigers van die vier beskuldigdes en die staatsaanklaer tyd tot dan gegee om hul slotbetoë voor te berei.
Masithembe MJ January was die laaste van die vier beskuldiges wat getuig het.
Hy het onder kruisverhoor van Magdaleen Titus se prokureur, Henk Carstens, getuig dat die polisie miskien fouteer het met die afneem van sy waarskuwingsverklaring deur nie alles neer te skryf wat hy hulle meegedeel het nie.
“Ek was ook nie myself nie na twee doodsdreigemnte wat ek van Titus en Justice Mooi gekry het.”
Volgens Carstens is dit sy instruksie van Titus dat dit hy en Sixabiso Klip is wat haar man se moord beplan het.
Hierop het January geantwoord dat Titus “almal se lewens ongelukkig gemaak en nou leuens kom vertel in die hof”.
“Sy is 'n goeie, groot leuenaar,” het hy bygevoeg.
Die staatsaankaler, adv. Chris van der Vijver, wou van January weet waarom Mooi die oggend van 2 Desember 2017 juis vir hom gebel het om te sê dat Preston Titus vermoor en hy Maggy moet vra om die geld aan te stuur.
“Ek weet nie. Miskien wou hy my gebruik omdat ek en Maggie in 'n verhouding was.”
Oor die leë pepersproeikannetjie wat hy die Sondag na die moord saam met ander rommel uit Stuurman se motor gehaal en in 'n plastieksak gegooi het, het January getuig dat hy nie toe die belangrikheid daarvan besef het nie.
Hy het dit later aan sy “geestelike vader”, profeet Elvis Gadebo, uitgewys en oorhandig omdat die polisie daarna gesoek het.
Justice Mooi en Magdaleen Titus.
Hy het het eers tydens die hofsaak gehoor dat dit na bewering deur die moordenaars gebruik is. Hy het dit nie weggesteek nie, het hy gesê, en bygevoeg dat Maggy dit daardie Sondag in haar huis aan Klip oorhandig het.
January het ook getuig dat hy en Titus met die dood van haar man steeds in 'n verhouding was, maar toe reeds versuur was, as gevolg van die doodsdreigement wat hy van haar gekry het.
“Ek het ook gedink dat ek na die dreigemente van haar en Mooi gekry het, die tweede persoon gaan wees wat doodgemaak gaan word.”
January het op 'n vraag van Lizanne Prinsloo, regsverteenwoordigher van Natasha Stuurman, herhaal dat dit Titus was wat vir hom en Klip versoek het om hul selfone skoon te vee.
Lees vorige artikels hier:
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
- Weermagmoord: Hof verdaag tot Dinsdag
- Weermagmoord: Titus klaar in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverhoor verdaag
- Weermagmoord: Hof verdaag vir vandag
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'