Advertorial Video
PROMOSIE-ARTIKEL - Met 'n nuwe perseel in Langenhoven-weg en die bekendstelling van gevor-derde 3D-beeldingstegnologie betree dr. Gys Kleyn se tandheelkundige praktyk, Kleyn Karoo Tandartse, 'n nuwe hoofstuk in sy groei en dienslewering aan die Klein-Karoo.
Kleyn het in Oudtshoorn grootgeword en ná die voltooiing van sy studies besluit om na sy tuisdorp terug te keer.
Hy praktiseer reeds 16 jaar lank as tandarts, waarvan die afgelope 14 jaar in Oudtshoorn. Sy praktyk het in September van Eldorado Village na 'n nuwe perseel by Langenhovenweg 93 verskuif.
Volgens Kleyn is die besluit geneem om na 'n groter perseel te verskuif om ruimte vir die praktyk se groei te skep en die uitbreiding van sy dienste moontlik te maak.
Dit sluit onder meer die installering van 'n splinternuwe CBCT-skandeerder (Cone Beam Computed Tomography), oftewel 'n 3D-röntgenmasjien, in.
"Sover my kennis strek is ons waarskynlik die eerste tandheelkundige praktyk in die Klein-Karoo wat oor hierdie gevorderde beeldtegnologie beskik," vertel hy trots.
Die CBCT-tegnologie maak dit moontlik om gedetailleerde driedimensionele beelde van die tande, kakebeen, senuwees en omliggende strukture te verkry. Dit verskaf waardevolle diagnostiese inligting en help met meer akkurate diagnoses en die beplanning van behandelings.
Dr. Gys Kleyn by sy CBCT-skandeerder.
Die tegnologie kan onder meer gebruik word vir die beplanning van tandheel-kundige inplantings en chirurgie, die beoordeling van geïmpakteerde tande en verstandtande, endodontiese assesserings en die beplanning van ortodontiese behandelings.
'n Verdere voordeel is dat die lugweg ook geassesseer en gemeet kan word. Dit verskaf bykomende inligting wat veral tydens die beplanning van sekere ortodontiese behandelings van waarde kan wees.
Kleyn se hoofbelangstelling en fokusgebied is ortodonsie. Hy beskik oor 'n nagraadse diploma in dié vakgebied, asook verskeie verdere nagraadse sertifikate in verskillende ortodontiese dissiplines.
"Ortodonsie is 'n geweldige interessante veld, en so baie het oor die jare verander. In die verlede het tandartse maklik tande getrek om byvoorbeeld plek in die mond te maak vir ander tande, maar danksy nuwe metodes en tegnologie is dit nie meer nodig nie. Soveel probleme kan aangespreek word as daar van die regte ouderdom af daarna gekyk word.
"Ons kyk na die groter prentjie en neem nie net die tande in ag nie, maar ook die groei van die kake en gesig. Gevorderde tegnieke is ontwerp om gesigsdimensies te balanseer en met die kind se natuurlike groei saam te werk om die behoefte aan ekstraksies of chirurgie in die oorgrote meerderheid van gevalle te vermy."
Die splinter-nuwe CBCT-skandeerder.
Kyk: Dr. Gys Kleyn se tandheelkundige praktyk spog met nuwe tuiste en gevorderde tegnologie
Kleyn word in die praktyk bygestaan deur dr. Ilke van Huffel, wat algemene tandheelkunde beoefen en 'n besondere belangstelling in kindertandheelkunde het.
Volgens hom is die praktyk ook tans besig met die werwingsproses om 'n derde tandarts by die span te verwelkom.
Kleyn beklemtoon dat die praktyk se sukses nie net op goeie fasiliteite en gevorderde tegnologie berus nie, maar ook op die span mense wat daagliks saamwerk om sy visie te verwesenlik. Hy sê hy is bevoorreg om saam met 'n besonder toegewyde en professionele span te werk wat 'n belangrike rol speel om pasiënte vriendelik te ontvang en professioneel te versorg.
Die res van die span bestaan uit Celesté Barnard (mondhigiënis), Deidré Olivier (ontvangs en administrasie), Janeke Meyer (stoelassistent en finansies), Stephanie Roetz (stoelassistent) en Marshalene Kamfer (algemene werker).
Met 16 jaar se ervaring, 'n nuwe praktyk-omgewing en toegang tot gevorderde diagnostiese tegnologie, is die doel om steeds toeganklike en professionele tandheelkundige sorg aan die Oudtshoorn-gemeenskap en die breër Klein-Karoo te bied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’