Update
OUDTSHOORN NUUS – 'n Pastoor van Oudtshoorn, wat van kinderverkragting, seksuele aanranding en besit van kinderpor-nografie skuldig bevind is, is Woensdag 3 November effektiewelik 54 jaar tronkstraf opgelê.
Stephanus Olivier (62) is in die Oudtshoorn-streekhof aan die verkragting van 'n 13-jarige in 2003 en 'n 14-jarige vanaf 2011 tot 2015 skuldig bevind.
Olivier is 'n totaal van 59 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar samelopend met een van sy ander vonnisse uitgedien sal word.
Ter versagting van sy vonnisoplegging het Olivier self getuig, asook een van sy gemeentelede, Fransika Sauer.
In 'n mediaverklaring deur sers. Christopher Spies, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê lt.genl. Thembisile Patekile, provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, dat hy die lang vonnis van 54 jaar verwelkom.
Hy voel dat hierdie vonnis 'n groot sprong in die regte rigting teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord is.
Die verklaring verduidelik dat die 13-jarige slagoffer in 2003 by die Oliviers gaan kuier het.
Tydens die kuier het Olivier haar onsedelik aangerand en verkrag. Na dreigemente van hom het die 13-jarige slagoffer Oudtshoorn verlaat.
Die 13-jarige is later deur 'n ander slagoffer gekontak. Sy het toe besluit om die voorvalle by die polisie aan te meld.
Verdere ondersoek het ook aangedui dat 'n 14-jarige, van 2011 deur Olivier onsedelik aangerand en verkrag is.
Hy het dié slagoffer gedwing om saam met hom na pornografiese materiaal te kyk, lui die verklaring.
Olivier is in 2018 gearresteer nadat sy woning deursoek is en elektroniese toerusting asook kinderpornografie gevind en gekonfiskeer is.
Patekile bedank die onder-soekbeamptes verbonde aan die Oudtshoorn gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe eenheid asook die vervolgingspan vir hulle werk wat gelei het tot die lang vonnis.
Hierdie is 'n hupstoot vir polisiëring in die geveg teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord. Die bewusmakingsveltog 16 dae van aktivisme vind ook een van die dae plaas.
Streeklanddros Daniel Boks het Olivier twee klagtes van onsedelike aanranding van die 13-jarige skuldig bevind, asook twee klagtes van verkragting die 13-jarige. Hy is verder aan onsedelike aanranding, verkragting en seksuele aanranding van die 14-jarige skuldig bevind en ook aan verskeie klagtes van die besit van kinderpornografie.
Vonnisoplegging is as volg:
- Klagte 1, 2 en 5 is saam geneem vir vonnisdoeleindes - 6 jaar
- Klagte 3 en 4 is saam geneem vir vonnisdoeleindes - 20 jaar
- Vir klagte 6 - 20 jaar
- Vir klagte 7 - 8 jaar
- Klagte 8 tot 16 en 21 tot 37 is saam geneem vir vonnisdoeleindes - 5 jaar
- Hy is op klagte 17 tot 20 onskuldig bevind.
Die saak het voor streeklanddros Daniel Boks gedien en adv. Michelle Weyers het vir die staat verskyn. Christo van der Berg het vir Olivier verskyn.
Vorige artikels:
- Pedofiel pastoor gaan sit tot hy 114 jaar oud is
- Pastoor se vonnis sloer steeds
- Pastoor se saak weer uitgestel
- Olivier skuldig aan verkragting
- Olivier hoor in April sy lot
- Pastoor se saak vir slotargumente uitgestel
- Vier getuig in pastoorsaak
- Pastoorsaak vir verdere verhoor uitgestel
- Pastoor in Julie verder verhoor
- Pastoor se verhoor weens siekte uitgestel
- Staat sluit saak in pastoor-verhoor
- Pastoor se saak gaan voort
- Pastoor se saak na 2021 uitgestel
- Pastoor in selfisolasie
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'