Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pastoor wat in 2018 op klagtes van verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, het vanoggend in die Oudtshoorn-streekhof onskuldig op die 37 klagtes teen hom gepleit.
Die klagtes hou met pornografie, verkragting en molestering verband.
Stephanus Olivier, 'n pastoor van die PPK-gemeente op Oudtshoorn, is in 2018 by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem.
Hy is op 15 Oktober 2018 op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die verhoor het vanoggend begin met die eerste klaer in die saak se getuienis. Sy getuig in camera.
Die Oudtshoorn Courant het ‘n spesiale versoek aan die hof gerig om die verrigtinge by te woon solank ons geen klaer se naam noem nie.
Die klaer, wat tydens die beweerde verkragtings 13 jaar oud was het in detail verduidelik wat tydens die beweerde voorvalle gebeur het. Volgens haar was twee van die beweerde molesteringsvoorvalle in die Olivier-huis waar sy vir twee weke gebly het.
Twee van die beweerde verkragtingsvoorvalle was by die kerk en die ander by ‘n kantoor waar hy gewerk het.
Volgens haar het sy nie dadelik iemand van die beweeerde voorvalle vertel nie, omdat sy nie werklik iemand kon vertrou nie, maar het sy haar later haar stiefma van die beweerde molestering ingelig.
Volgens haar het haar stiefma gesê dat sy wel Olivier daaroor gekonfronteer het en dat Olivier dit teenoor haar erken het en gesê het dat hy God om vergifnis gaan vra.
Die verhoor gaan na middagete voort.
VORIGE ARTIKELS:
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'