Update
OUDTSHOORN NUUS - Die 58-jarige pastoor wat op 9 Oktober by sy huis in Wesbank op aanklag van verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, het gister weer in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Landdros Johan Steynberg het die saak na 1 Februarie 2019 uitgestel.
Die man se identiteit is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar mag eers bekend gemaak word nadat hy in die hof gepleit het.
Die 58-jarige man staan tereg op vyf aanklagte, twee van verkragting en drie van onsedelike aanranding.
Volgens die klagstaat het een van die voorvalle by die kerk plaasgevind. Die voorvalle het na bewering in 2003 plaasgevind toe die klaagster 13 jaar oud was.
Die pastoor is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat. Sy borgtogvoorwaardes is verleng.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'