OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Stephanus Olivier, die pastoor wat in 2018 in hegtenis geneem is, se saak is vandag in die Oudtshoorn-streekhof na 14 Desember uitgestel omdat hy te siek was om die hofverrigtinge by te woon.
Hy staan tereg op 37 klagtes wat met seksuele misdrywe verband hou.
Van dit hou met pornografie verband en ander met verkragting en molestering van twee meisies wat ten tye van die voorvalle minderjarig was.
Muridili Murendeni, ‘n pornografiedeskundige, het in Augustus oor die pornografie getuig en verduidelik waarom die film- en publikasieraad, wat spesifiek films en foto’s analiseer om te bepaal of dit pornografies is, bevind het dat dit die foto's wat in Olivier se besit was wel pornografie was.
Die staat moet egter nog twee getuies roep voor hulle hul saak kan sluit en die verdediging kan begin om hul saak voor die hof te stel.
Olivier was Dinsdag egter te siek en sy prokureur, Christo van der Bergh, het aan die hof gesê dat sy kliënt 'n krapperige keel en hoë koors het en daarom het hy homself in selfisolasie by die huis geplaas.
Streeklanddros Daniël Boks het Olivier se borgtog van R10 000 tot Desember verleng.
Vorige artikels:
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'