OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van pastoor Stephanus Olivier, wat teregstaan op 37 aanklagte - drie van verkragting, vier van seksuele aanranding en 30 van die besit van pornografiese materiaal, en verlede week vir twee dae op die hofrol was, is na een dag se verhoor weens die beskuldigde se ongesteldheid uitgestel.
Die beweerde voorvalle het glo in 2003 plaasgevind toe die twee klaers onderskeidelik 13 en 14 jaar oud was.
Olivier is in 2018 by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem en daarna borgtog van R10 000 toegestaan.
Olivier het op die eerste dag van sy getuienis in die hof erken dat hy moontlik in 2003, toe een van die klaers as dertienjarige meisie vir twee weke by hulle tuisgegaan het, per ongeluk aan haar geslagsdeel kon geraak het toe hy haar uit die swembad gehaal en op die kant laat sit het omdat sy die ander kinders se koppe onder die water gedruk het.
Volgens hom is alle ander aantygings wat sy in haar getuienis teen hom gemaak het onwaar.
“Ek ontken dit ten sterkste,” het Olivier gesê..
Hy ontken ook dat hy vir drie oggende vir haar ontbyt na haar kamer geneem, sy hand onder die komberse ingesteek en haar betas het.
Hy ontken ook dat sy saam met hom na sy kantoor gegaan en na die kerkkantoor waar hy haar glo op die vloer laat lê en met haar geslagsgemeenskap gehad het.
Volgens hom het van sy kinders en kleinkinders al saam met hom na sy werkskantoor gegaan wanneer hy vir ’n noodgeval soontoe moes gaan, maar kan hy nie onthou of die klaer ooit saam met hom gegaan het nie.
Voorts ontken hy haar getuienis dat die sleutels van sy werksbakkie op 'n dag in die bakkie toegesluit was en hy sy seun moes bel om hulp te verleen.
Olivier het ook getuig dat hy eers in Desember 2004 die sleutels van die kerk ontvang het nadat hy georden is en daarom is dit onwaar dat hy in 2003, die tyd waaroor die klaer getuig het, toegang tot die kerkkantoor kon gehad het
Olivier het breedvoerig getuig oor die klagtes van kinderpornografie.
Volgens hom het hy talle foto's van vroue van verskillende pornografie-webtuistes afgelaai en dan skermgrepe daarvan geneem, en dat dit duidelik gestel word dat die vroue ouer as agtien jaar was.
Op 'n vraag van sy regsverteenwoordiger, Christo van den Bergh, of hy foto's van kinders onder agtien jaar sou aflaai het hy geantwoord dat hy dit nooit sal doen nie en ook nie gedoen het nie.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en is tot 9 Junie uitgestel vir 'n verdere twee dae se verhoor,
Olivier se borgtog en borgtogvoorwaardes is tot dan verleng.
Vorige artikels:
- Staat sluit saak in pastoor-verhoor
- Pastoor se saak gaan voort
- Pastoor se saak na 2021 uitgestel
- Pastoor in selfisolasie
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'