Update
OUDTSHOORN NUUS - Die 58-jarige pastoor wat in Oktober verlede jaar op 'n klag van verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, het verlede Vrydag weer in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die pastoor, van 'n gemeente op Oudtshoorn, is verlede jaar by sy huis in Wesbank in hegtenis. Hy staan tereg op sewe klagtes wat met seksuele misdrywe verband hou.
Hy is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Landdros Johan Steynberg het die saak na 1 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.
Lees vorige artikels hier:
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'