OUDTSHOORN NUUS – ‘n Pastoor van Oudtshoorn, wat van kinderverkragting, seksuele aanranding en besit van kinderpornografie skuldig bevind is, is Woensdag 3 November effektiewelik 54 jaar tronkstraf opgelê.
Stephanus Olivier (60) is in die Oudtshoorn-streekhof aan die verkragting van ‘n 13-jarige in 2003 en ‘n 14-jarige vanaf 2011 tot 2015 skuldig bevind.
Olivier is 'n totaal van 59 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar samelopend met een van sy ander vonnisse uitgedien sal word.
Ter versagting van sy vonnisoplegging het Olivier self getuig, asook een van sy gemeentelede, Fransika Sauer.
Streeklanddros Daniel Boks het Olivier op die volgende klagtes skuldig bevind:
1. Onsedelike aanranding (2003) 13-jarige
2. Onsedelike aanranding (2003) 13-jarige
3. Verkragting (2003) 13-jarige
4. Verkragting (2003) 13-jarige
5. Onsedelike aanranding (2003) 13-jarige
6. Verkragting (2011-2015) 14-jarige
7. Seksuele aanranding (2011-2015) 14-jarige
8. tot 16. Besit van kinderpornografie
21. tot 37. Besit van kinderpornografie
Vonnisoplegging is as volg:
Klagte 1, 2 en 5 is saam geneem vir vonnisdoeleindes - 6 jaar
Klagte 3 en 4 is saam geneem vir vonnisdoeleindes - 20 jaar
Vir klagte 6 - 20 jaar
Vir klagte 7 - 8 jaar
Klagte 8 tot 16 en 21 tot 37 is saam geneem vir vonnisdoeleindes - 5 jaar
Hy is op klagte 17 tot 20 onskuldig bevind.
Die saak het voor streeklanddros Daniel Boks gedien en adv. Michelle Weyers het vir die staat verskyn. Christo van der Berg het vir Olivier verskyn.
Vorige artikels:
- Pastoor se vonnis sloer steeds
- Pastoor se saak weer uitgestel
- Olivier skuldig aan verkragting
- Olivier hoor in April sy lot
- Pastoor se saak vir slotargumente uitgestel
- Vier getuig in pastoorsaak
- Pastoorsaak vir verdere verhoor uitgestel
- Pastoor in Julie verder verhoor
- Pastoor se verhoor weens siekte uitgestel
- Staat sluit saak in pastoor-verhoor
- Pastoor se saak gaan voort
- Pastoor se saak na 2021 uitgestel
- Pastoor in selfisolasie
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'