OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus begin môre weer in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn.
Die staat het in September vanjaar hul saak gesluit en die verdediging kry van die week af die geleentheid om hul saak voor die hof te stel.
Adv. Stoffel Prinsloo het egter aangedui dat Justice Mooi, die vermeende huurmoordenaar, geen getuies in die saak sal roep nie en dat sy kliënt ook nie gaan getuig nie. Mooi het reeds in September getuig voor die staat hul saak gesluit het.
Na alle verwagtinge sal Magdaleen Titus, Preston se vrou en beweerde meesterbrein agter die moord, môre in die getuie bank wees. Sy word deur Henk Carstens verteenwoordig.
Daar word beweer dat sy mans gehuur het om Preston in hul woning op die weermagbasis te vermoor. Hy is die nag van 1 Desember 2017 met 'n hamer geslaan en verskeie kere met 'n skerp voorwerp gesteek. Hy het in sy kamer aan sy beserings beswyk. Titus en haar jongste dogter was in die huis toe Preston vermoor is.
Dit is egter nog nie duidelik of Mooi en Titus se medebeskuldigdes, Natasha Stuurman en Masithembe January, ook self in die saak gaan getuig nie.
Die saak begin môre om 10:00 voor regter Nolwasi Boqwana.
Mooi bly in aanhouding en Titus, Stuurman en January se borgtog is verleng.
Lees vorige artikels hier:
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Weermagmoord: Klip weer in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverdagte se verklaring aanvaar
- Weermagmoord: Verdagte getuig in Titus-verhoor
- Moordverhoor gaan môre voort
- Weermagmoord-verhoor: Justice Mooi getuig
- Weermagmoord: Mooi getuig in verhoor
- Weermagmoord: Verhoor gaan voort
- Titus-moordverhoor Maandag voortgesit
- Titus-moordverhoor eers Maandag voortgesit
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'