Update
OUDTSHOORN NUUS - Stephanus Olivier wat teregstaan op drie aanklagtes van verkragting, vier van seksuele aanranding en 30 van besit van kinderpornografie is vanmiddag in die Oudtshoorn-streekhof skuldig bevind op al die aanklagtes van verkragting en seksuele aanranding en 26 van die besit van kinderpornografie.
Hy is onskuldig bevind op vier van die aanklagte ten opsigte van kinderpornografie.
Die verkragting en seksuele aanranding het in 2003 plaasgevind toe die twee klaers onderskeidelik 13 en 14 jaar oud was.
Olivier is in 2018 by sy huis in Oudtshoorn in hegtenis geneem en daarna borgtog van R10 000 toegestaan.
Streeklanddros Daniel Boks het in sy uitspraak van byna vier ure gesê dat die twee klaers goeie indrukke op die hof gemaak het en hul getuienis as betroubaar aanvaar word. Hul getuienis is nie afgebreek nie en hulle het oor afsonderlike voorvalle en verskillende tydperke getuig oor wat met hulle by die beskuldigde se huis, sy werksplek en sy kerk gebeur het.
Net so is daar geen rede om ander staatsgetuies se getuienis te verwerp nie.
Daarenteen was die beskuldigde se getuienis een van algehele ontkenning. Hy het alle getuienis teen hom as belaglik, absurd en nonsens beskryf.
“Hy het selfs so ver gegaan om te sê dat hy alleen die waarheid praat en alle ander staatsgetuies leuens vertel.”
Vonnisverrigtinge is op versoek van die verdediging vir voorvonnis- en proefbeampte verslae tot 22 Junie uitgestel, Olivier se borgtog van R10 000 en borgtogvoorwaardes is tot dan verleng.
Adv. Michelle Weyers was die aanklaer terwyl Christo van der Bergh namens Olivier verskyn het.
Ao. Fanie Le Roux was die ondersoekbeampte.
Vorige artikels:
- Olivier hoor in April sy lot
- Pastoor se saak vir slotargumente uitgestel
- Vier getuig in pastoorsaak
- Pastoorsaak vir verdere verhoor uitgestel
- Pastoor in Julie verder verhoor
- Pastoor se verhoor weens siekte uitgestel
- Staat sluit saak in pastoor-verhoor
- Pastoor se saak gaan voort
- Pastoor se saak na 2021 uitgestel
- Pastoor in selfisolasie
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'