OUDTSHOORN NUUS - Vonnisverrigtinge in die saak teen Stephanus Olivier, die pastoor wat skuldig bevind is op drie aanklagte van verkragting, vier van seksuele aanranding en 24 vir die besit van kinderpornografie, moes Dinsdag nog ‘n keer uitgestel word toe sy regsverteenwoordiger om mediese redes nie beskikbaar was nie.
Werner Swanepoel, 'n kollega van Olivier se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, het ‘n mediese sertifikaat aan die hof oorhandig en die hof versoek om die saak ‘n laaste keer uit te stel.
Streeklanddros Daniel Boks het die versoek toegestaan en die saak finaal en as voorkeursaak tot 2 November uitgestel.
Volgens die landdros sloer die saak nou te lank om afgehandel te word en voorgestel dat iemand anders vir Van der Bergh instaan indien hy weer nie beskikbaar is nie. Die verkragting van die twee klaers het in 2003 plaasgevind toe hulle onderskeidelik 13 en 14 jaar oud was.
Adv. Michelle Weyers is die aanklaer in die saak en Olivier se borgtog van R10 000 is tot sy volgende verskyning verleng.
Vorige artikels:
- Pastoor se saak weer uitgestel
- Olivier skuldig aan verkragting
- Olivier hoor in April sy lot
- Pastoor se saak vir slotargumente uitgestel
- Vier getuig in pastoorsaak
- Pastoorsaak vir verdere verhoor uitgestel
- Pastoor in Julie verder verhoor
- Pastoor se verhoor weens siekte uitgestel
- Staat sluit saak in pastoor-verhoor
- Pastoor se saak gaan voort
- Pastoor se saak na 2021 uitgestel
- Pastoor in selfisolasie
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'