OUDTSHOORN NUUS - Die DA het die meerderheid van Oudtshoorn se wyke tydens die afgelope plaaslike regeringsverkiesing gewen en sal 10 van die 13 wyksraadsetels op die nuwe munisipale raad inneem.
Die ANC het die oorblywende drie wyke gewen.
Oudtshoorn se munisipale raad bestaan uit 25 setels, waarvan 13 deur wyksraadslede gevul word.
Die oorblywende 12 setels word deur proporsionele verteenwoordigers (PR-raadslede) gevul. Dié lede word volgens die partye se aandeel in die totale stemme aangewys.
Die wyksraadslede wat verkies is (volgens wyknommer):
- Johan Fourie (DA)
- Andrew Kühn (DA)
- Jackie Meyer (DA)
- Fielies September (DA)
- Claudine Lucas (ANC)
- Jerome Lambaatjeen (DA)
- Anél Berry (DA)
- Sharon van Rooyen (ANC)
- Bruneline Harmse (DA)
- Zoe Tyatya (ANC)
- Klaas Booysen (DA)
- Samuel Meiring (DA)
- Werner Meyer (DA).
Die samestelling van die raad is egter nog nie finaal nie, aangesien die PR-raadslede nog aangewys moet word. Die finale partyverteenwoordiging kan dus nog verander.
Die nuwe raad sal uit 25 lede bestaan, met die wyksraadslede wat inwoners se onderskeie wyke direk verteenwoordig en die PR-raadslede wat volgens die proporsionele stemme op die raad dien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’