OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die pastoor wat teregstaan op 37 aanklagte van seksuele aard is verlede week in die streekhof vir die skriftelike betoogshoofde van die staat en die verdediging tot later die maand uitgestel.
Stephanus Olivier (60) staan tereg op drie aanklagte van verkragting, vier van seksuele aanranding en 30 van die besit van kinderpornografie, en pleit onskuldig op al die aanklagte.
Die hof het tydens sy vorige verskyning in Desember verlede jaar die getuienis van ‘n voormalige kollega, Hendrik de Beer, ‘n vriend, Frederick Jacobs, en sy 38-jarige seun, Stephen Olivier, aangehoor.
Die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, het die hof meegedeel dat sy gereed is om voort te gaan met argumente, maar die saak is op versoek van Olivier se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, deur streeklanddros Daniel Boks tot 22 Februarie uitgestel.
Olivier se borgtog van R10 000 is tot dan verleng.
Vorige artikels:
- Vier getuig in pastoorsaak
- Pastoorsaak vir verdere verhoor uitgestel
- Pastoor in Julie verder verhoor
- Pastoor se verhoor weens siekte uitgestel
- Staat sluit saak in pastoor-verhoor
- Pastoor se saak gaan voort
- Pastoor se saak na 2021 uitgestel
- Pastoor in selfisolasie
- Deskundige getuig in pastoor-saak
- Pastoor-verhoor: Klaer se ouers getuig
- Pastoor-verhoor gaan voort
- Eerste klaer getuig in pastoor-verhoor
- Opvolg: Pastoor pleit inverkragtingsaak
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'