Update
OUDTSHOORN NUUS - Slotbetoë in die moordverhoor van Preston Titus het vanmiddag in die hof klaar gemaak. Die staat sowel as die verdediging het die geleentheid gehad om hul slotbetoë voor die hof te lewer.
Volgens adv. Stoffel Prinsloo, Justice Mooi se prokureur, het sy kliënt n bekentenis gemaak wat deur die hof aanvaar is. Hy het egter gesê dat die getuienis nie op sy eie kan staan nie en moet saam met ander getuienis in ag geneem word wanneer daar na sy aandeel aan die moord gekyk word.
Henk Carstens wat vir Magdaleen Titus opgetree het, het gesê dat die staat se saak net op Sidabiso Klip se bekentenis gebaseer is.
"Hy is eerste in hegtenis geneem en is met die telefoonrekords deur die ondersoekbeamptes gekonfronteer en het tyd gehad om sy weergawe so aan te pas om my kliënt soos die 'meesterbrein' in die moord te laat lyk."
Klip is n selferkende misdadiger en het die bekentenis afgelê om nie die fokuspersoon in die moord te wees nie. Klip wou, volgens Carstens se betoog, lewenslange tronkstraf vermy.
Lizanne Prinsloo, wat vir Natasha Stuurman optree, het in haar slotbetoë gesê dat Stuurman niks met die beplanning van die moord te doen gehad het nie en dat sy ook nie in Oudtshoorn was toe die moord gepleeg is nie. Volgens haar stem sy saam met die staat dat kliënt ook nie skuldig bevind kan word nie.
Masithembe January se regsverteenwoordiger, Louise Luterek, het gesê dat hy saam met Stuurman in Beaufort-Wes was toe die moord gepleeg is. Hy het wel kennis van die moord gedra, maar was bang vir Mooi en Titus en het daarom niks oor die moord gesê nie.
Volgens haar het hy waarskynlik nie eers geweet dis 'n misdryf om sy selfoon skoon te vee nie en het hy dit gedoen omdat Titus hom gesê het om dit te doen en omdat Sixabiso Klip en Mooi dit ook gedoen het.
Regter Nolwasi Boqwana het die saak na Donderdag en Vrydag vir uitspraak uitgestel.
Lees vorige artikels hier:
- Uitspraak in weermagmoord volgende week
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
- Weermagmoord: Hof verdaag tot Dinsdag
- Weermagmoord: Titus klaar in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverhoor verdaag
- Weermagmoord: Hof verdaag vir vandag
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'