Update
OUDTSHOORN NUUS - Adv. Christénus van der Vijver het tydens sy slotbetoë oor Natasha Stuurman gesê dat die staat nie voel sy moet skuldigbevind word aan die klagtes teen haar nie.
Volgens hom is daar geen bewyse wat haar met die beplanning van die moord verbind nie. Volgens hom het sy wel erken dat sy geweet het van die planning van die moord, maar haar wete daarvan maak haar nie aan n misdryf skuldig nie.
Sy het ook verblyf aan die huurmoordenaars gegee en hulle geadviseer dat hulle "burner phones" moet kry, sy het ook vir Klip gesê hy moenie vir die polisie als vertel as hy gevang word nie.
Dis baie moeilik om te sê dat sy ook 'n gemene doel gehad het om Preston Titus se vermoord.
"Sy was nie eens in Oudtshoorn toe die moord gepleeg was nie."
Die staat kon nie bo redelike twyfel haar skuld aan die moord bewys nie.
"Dis duidelik dat Justice Mooi, Sixabiso Klip en Magdaleen Titus 'n groter aandeel aan die moord gehad het."
Van der Vijver het verder gesê dat die staat ook nie voel Masithembe January aan die klagtes teen hom skuldig bevind moet word nie. Soos in Stuurman se geval kon die staat nie bewys dat hy 'n aandeel aan die beplanning van die moord op Preston gehad het nie.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
- Weermagmoord: Hof verdaag tot Dinsdag
- Weermagmoord: Titus klaar in getuiebank
- Weermagmoord: Moordverhoor verdaag
- Weermagmoord: Hof verdaag vir vandag
- Weermagmoord: Titus steeds in getuiebank
- Weermagmoord: Magdaleen Titus getuig
- Moordverhoor môre voortegesit
- Titus-verhoor gaan November voort
- Staat sluit saak in Titus-moordverhoor
- Klip se ma in getuiebank
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'