Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van Sulayman Human (32), die voormalige musiekonderwyser wat op twee aanklagte van statutêre verkragting en een van seksuele aanranding skuldig gepleit het, is Dinsdag tot 30 November uitgestel vir regsargumente.
Die beweerde voorvalle met die klaagster (15) het in 2024 plaasgevind toe Human vir haar klavierlesse by die kerksorgsentrum aangebied het, asook toe hulle glo op die terrein diere gaan kosgee het.
Human se getuienis is op versoek van die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, agter geslote deure (in camera) aangehoor.
Hy het egter onskuldig gepleit op 'n vierde aanklag van seksuele voorbereiding van 'n minderjarige.
Die klaagster het tydens haar getuienis vertel dat sy gevoelens vir die beskuldigde gehad het en nie wou hê dat hy iemand anders moes kry nie.
Human, wat sedert Februarie 2025 in aanhouding is, word deur adv. Zac Lipschitz verteenwoordig.
Vorige artikels:
- Musiekonderwyser weer op 24 Junie voor
- Borgtog vir musiekonnie geweier
- Borgtogaansoek van onnie uitgestel
- Musiekonnie eers in 2026 verhoor
- Borgaansoek Maandag voortgesit
- Musiekonderwyser se borgtog uitgestel
- Musiekonnie in hof vir verkragting
- Oudtshoorn musiek-onnie voor vir verkragting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’