Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die musiekonderwyser van Oudtshoorn wat van statutêre verkragting, seksuele aanranding en gereedmaking van ’n minderjarige aangekla word, is Maandag 20 Oktober in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot 23 Februarie 2026 uitgestel.
Die beweerde dade met die 13-jarige meisie vir wie die beskuldigde klavierlesse gegee het, is na bewering in 2024 gepleeg.
Hy is op 6 Maart vanjaar borgtog geweier nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.
Hy het met sy borgtogaansoek aangedui dat hy onskuldig gaan pleit op al die aanklagte.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en die beskuldigde wat in aanhouding bly, sal deur ’n regshulpprokureur van Beaufort-Wes bygestaan word.
Vorige artikels:
- Borgtog vir musiekonnie geweier
- Borgtogaansoek van onnie uitgestel
- Borgaansoek Maandag voortgesit
- Musiekonderwyser se borgtog uitgestel
- Musiekonnie in hof vir verkragting
- Oudtshoorn musiek-onnie voor vir verkragting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’