Update
OUDTSHOORN NUUS - Die musiekonderwyser van Oudtshoorn, wat van statutêre verkragting, seksuele aanranding en gereedmaking van ’n minderjarige aangekla word, is in die streekhof tot 24 Junie uitgestel nadat ’n nuwe regsverteenwoordiger vir hom op rekord gekom het.
Die beweerde dade met ’n 13-jarige meisie het volgens die klagstaat in 2024 plaasgevind.
Die beskuldigde is op 6 Maart 2025 borgtog in die landdroshof geweier nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.
Hy het met sy borgtogaansoek aangedui dat hy onskuldig op al die aanklagte gaan pleit.
Sy nuwe regsverteenwoordiger, Zac Lipschitz, het die hof vir uitstel gevra vir instruksies van die beskuldigde.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en Nadia Arnolds is die aanklaer.
Vorige artikels:
- Borgtog vir musiekonnie geweier
- Borgtogaansoek van onnie uitgestel
- Borgaansoek Maandag voortgesit
- Musiekonderwyser se borgtog uitgestel
- Musiekonnie in hof vir verkragting
- Oudtshoorn musiek-onnie voor vir verkragting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’