Breaking News Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Magdaleen Titus en haar medebeskuldigde, Justice Mooi is pas skuldig bevind van die moord op Preston Titus, asook regsverydeling.
Regter Nolwasi Boqwana het gister met haar uitspraak begin en het sopas haar uitspraak gelewer. Sy het Magdaleen Titus as 'n swak getuie beskryf en gesê sy het die moord op haar man beplan.
Die hofgangers het spontaan hande geklap na die uitspraak.
Boqwana het bevind dat Natasha Stuurman en Masithembe January (MJ) op alle klagte teen hulle onskuldig is.
Boqwana het gesê, die feit dat Stuurman geweet het van die moordplan maak haar nie skuldig aan 'n misdryf nie. Volgens die regter is daar is geen bewyse dat Stuurman deel was van die beplanning van die moord nie. Sy word dus onskuldig op albei klagtes gevind.
Die staatsaanklaer het gevra dat Mooi en Titus aangehou word tot die vonnisoplegging.
Kyk 'n video hieronder:
Die hofgangers het spontaan hande geklap na die uitspraak.
Die hofgangers het spontaan hande geklap na die uitspraak.
Die regter het bevind dat Natasha Stuurman en Masithembe January (MJ) op alle klagte teen hulle onskuldig is.
Foto's: Liezl van Niekerk
Lees vorige artikels hier:
- Staat vra dat twee uitgespreek word
- Weermagmoordverhoor: uitspraak gaan môre voort
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
- Uitspraak in weermagmoord volgende week
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'