Update
OUDTSHOORN NUUS - Die rondgaande hoogeregshof in Oudtshoorn het vir vandag verdaag.
Regter Nolwazi Boqwana het vandag met haar uitspraak in die Preston Titus-moordverhoor begin.
Sy het met 'n opsomming oor die 22 staatsgetuies wat in die verhoor getuig het begin.
Sy het ook tydens haar uitspraak haar redes gegee oor waarom sy Justice Mooi se verklaring na die verhoor-binne-verhoor aanvaar het. Mooi se regsverteenwoordiger het beswaar aangteken oor die gebruik van die verklaring in die hof as 'n bewysstuk omdat Mooi gesê het hy het die verklaring onder dwang afgelê en omdat hy gebombardeer is met Sixabiso Klip se verklaring.
Volgens Boqwana het sy die verklaring aanvaar omdat daar geen bewys was dat Mooi deur Klip se verklaring gebombardeer is nie. Sy konstitusionele regte is ook nie benadeel nie. Sy het hom ook as n swak getuie beskryf en sy voel dat hy homself weerspreek het.
"Sy weergawe oor wat gebeur het kan ook nie redelik moontlik wees nie," het sy gesê.
Boqwana sal môre 10:00 met haar uitspraak voortgaan.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
- Uitspraak in weermagmoord volgende week
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'