Update
OUDTSHOORN NUUS - Regter Nolwazi Boqwana het vanoggend 10:00 begin met die uitspraak in die moordverhoor van Preston Titus.
Sy is tans besig met 'n opsomming van die 22 staatsgetuies wat in die verhoor getuig het.
Sy het vanoggend weer vertel oor die beserings wat Preston opgedoen het.
Volgens haar, het die patoloog bevind dat hy weens bloedverlies dood is na hy veelvuldige steekwonde opgedoen het. Hy is ook verskeie kere met vermoedelik 'n hamer gekap.
Sy was voor middagete met Sixabiso Klip, die verdagte wat reeds gevonnis is, se getuienis besig.
Die uitspraak sal na middagete voortgesit word.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
- Uitspraak in weermagmoord volgende week
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'