Update
OUDTSHOORN NUUS - Nege maande na Tammy Weyers en Fritz Jacobs in Knysna vir diefstal in hegtenis geneem is, is hulle Maandag in die Oudtshoorn-streekhof gevonnis.
Jacobs 'n voormalige werknemer van Badenhorst Slaghuis op Oudtshoorn, en sy vriendin, het in September verlede jaar met R405 249, 74 van die werk se geld en die bakkie van die besigheid verdwyn.
Hulle is die volgende dag in hegtenis geneem.
Jacobs en Weyers het 'n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Jacobs het tereggestaan op twee aanklagte. Een vir die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming en een van diefstal. Hy het skuldig gepleit op beide aanklagte teen hom.
Weyers het slegs op aanklag van diefstal tereggestaan. Sy het op dié aanklag skuldig gepleit.
Jacobs is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Landdros Daniël Boks het ook 'n bykomende vyf jaar tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is, by die vonnis gevoeg.
Weyers het drie jaar tronkstraf gekry wat vir vyf jaar opgeskort is. Sy is ook vir die duur van haar vonnis onder 24 uur huisarres geplaas, behalwe as sy moet werk toe of kerk toe gaan.
Sy moet 18 maande gemeenskapsdiens doen en ook by 'n rehabilitasieprogram aansluit. Sy mag nie alkohol of verdowingsmiddels gebruik, behalwe as dit deur 'n dokter voorgeskryf word nie.
Sy mag haarself nie skuldig maak aan enige misdrywe nie en mag nie die dorp verlaat sonder dat sy die korrektiewe toesigbeampte daarvan in kennis stel nie.
Boks het in die vonnis oplegging gesê dat Jacobs "gesteel het van die hand wat hom voed".
"Dit is so onnodig en die klaer het baie skade gely alhoewel meeste van sy geld en die bakkie sonder skade teruggekry is."
Lees vorige artikels hier:
- Fritz en Tammy gevonnis
- Slaghuis-diefstelsaak word weer uitgestel
- Diefstalsaak vir nuwe pleitooreekoms uitgestel
- Diefstalsaak sloer steeds
- Beweerde diewe hoor eersdaags hul lot
- Saak vir moontlike pleit uitgestel
- Beweerde diewe in streekhof
- Streekhofdatum vir beweerde diewe
- Slaghuissaak uitgestel vir streekhofbeslissing
- Ma pleit dat seun nie borg kry nie
- Opvolg: Ma pleit vir seun
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'