Update Video
OUDTSHOORN NUUS - Die soektog na Saag Jonker het vanmiddag voortgeduur nadat polisieduikers en duikers van die brandweer met ’n boot en visvinder op die rivier ontplooi is.
Die reddingspanne fokus daarop om die rivier deeglik te deursoek.
Intussen is die media en lede van die publiek versoek om die toneel te verlaat. Slegs die soekspan en familie word toegelaat. Die hek is vervolgens gesluit en toegang tot die gebied word nou beperk terwyl die soektog voortduur.
Die rede vir die streng toegangsbeheer is nie huidiglik bekend nie.
Ondanks die voortgesette pogings van die reddingspanne, bly Jonker en sy voertuig steeds vermis.
VIDEO'S: Liezl van Niekerk, Oudtshoorn Courant
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’