Update
OUDTSHOORN NUUS - Die paartjie wat September vanjaar met Badenhorst Slaghuis se geld en die bakkie verdwyn het, se saak is Dinsdag na die streekhof verwys. Landdros Roelf Konstabel het die saak na 12 Desember uitgestel.
Tammy Weyers en Fritz Jacobs is op 27 September op aanklagte van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming in Knysna in hegtenis geneem.
Jacobs was vir vier maande voor die beweerde diefstal 'n werknemer van die slaghuis. Hy en Weyers het met R405 000 van die slaghuis se geld verdwyn na hy veronderstel was om dit te gaan bank.
Weyers is in Oktober op borgtog van R2 000 vrygelaat op voorwaarde dat sy by haar ouers sal bly en nie haar woning tussen 06:00 en 18:00 verlaat nie. Sy moet ook twee keer 'n week by die polisiestasie aanmeld.
Jacobs se ma, Johanna Oosthuizen, het in die borgtogaansoek getuig en gepleit dat hulle seun nie op borgtog vrygelaat word nie. Volgens haar sukkel Jacobs 'n geruime tyd met dwelms en het hy aanvanklik khat gebruik. Sy is ook van mening dat hy 'n beter kans staan om binne die tronk te rehabiliteer as buite.
Lees vorige artikels:
- Slaghuissaak uitgestel vir streekhofbeslissing
- Ma pleit dat seun nie borg kry nie
- Opvolg: Ma pleit vir seun
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'