Update
OUDTSHOORN NUUS - Fritz Jacobs en Tammy Weyers, die beweerde Badenhorst Slaghuis-diewe, het vanoggend hul eerste verskyning in die Oudtshoorn-streekhof gehad.
Jacobs was vir vier maande voor die beweerde diefstal 'n werknemer van die slaghuis. Hy en Weyers het met R405 000 van die slaghuis se geld verdwyn na hy veronderstel was om dit te gaan bank.
Weyers is in Oktober op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl borgtog aan Jacobs geweier is.
Streeklanddros Retha Pretorius het Woensdag die saak na 28 Januarie 2019 uitgestel sodat Weyers en Jacobs met hul regshulpprokureur, Eugene Roos, kan konsulteer en sodat dossierafskrifte bekom kan word.
Lees vorige artikels:
- Streekhofdatum vir beweerde diewe
- Slaghuissaak uitgestel vir streekhofbeslissing
- Ma pleit dat seun nie borg kry nie
- Opvolg: Ma pleit vir seun
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'