Update
OUDTSHOORN NUUS - Die werknemer van Badenhorst Slaghuis, Fritz Jacobs (29), wat verlede Woensdag met die werk se geld en bakkie verdwyn het en sy vriendin Tammy Weyers (Martin) het Vrydagoggend in die landdroshof op Oudtshoorn verskyn.
Hulle word van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming aangekla. Hulle is verlede Donderdagoggend in Knysna in hegtenis geneem.
Weyers (27) en Jacobs het aangedui dat hulle werkloos is en om regshulp wil aansoek doen. Die saak is na vandag vir 'n borgtogprofiel uitgestel.
Jacobs was die afgelope vier maande as gesondheids- en veiligheidsbestuurder in diens van Badenhorst Slaghuis. Volgens die mede-eienaar van die slaghuis, Bennie Byleveld, was Jacobs onder andere verantwoordelik daarvoor om geld te gaan bank en het hy dit gereeld gedoen.
"Hy sou oudergewoonte Woensdagoggend die geld gaan bank het. Onder normale omstandighede bel hy en sê my as hy by die een bank klaar is en op pad is na die volgende een. Hy het my gister nie gebel nie en ek het toe die banke gebel. Toe ek agterkom dat hy nog nie by die banke was nie het ek dadelik onraad vermoed."
Die bakkie en die geld is ook gevind. Dit is egter nog nie duidelik of die hele bedrag teruggevind is nie.
Lees vorige artikels hier:
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'