Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n voormalige werknemer van Badenhorst Slaghuis en sy vriendin wat in September verlede jaar met 'n groot bedrag geld en die bakkie van die besigheid op die vlug geslaan het, is Vrydag in die streekhof vir die aanvaarding van 'n nuwe pleitooreenkoms met die staat tot volgende week uitgestel.
Fritz Jacobs en Michelle Tammy Weyers word aangekla van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming.
Die twee se regshulpprokureur, Eugene Roos, het vroeër 'n pleitooreenkoms aan die staat voorgelê waarin korrektiewe toesigvonnisse vir die twee gevra word, maar die klaer was nie daarvoor te vinde nie.
Die pleitooreenkoms is volgens Roos nou aangepas met 'n versoek tot 'n vonnis ingevolge Artikel 276 (1) (i) waarvolgens Jacobs 'n tyd lank in die tronk sal moet deurbring.
Die saak is deur streeklanddros Ntsoki Moni tot 23 April uitgestel. Weyers se borgtog van R2 000 en borgtogvoorwaardes is verleng terwyl Jacobs in aanhouding bly.
Lees vorige artikels hier:
- Diefstalsaak sloer steeds
- Beweerde diewe hoor eersdaags hul lot
- Saak vir moontlike pleit uitgestel
- Beweerde diewe in streekhof
- Streekhofdatum vir beweerde diewe
- Slaghuissaak uitgestel vir streekhofbeslissing
- Ma pleit dat seun nie borg kry nie
- Opvolg: Ma pleit vir seun
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'