OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-besigheidskamer se gebruiklike sakenetwerkaand het Donderdagaand, 24 April, by die Ostrich Emporium plaasgevind.
Amelia Lubbe, ondervoorsitter van Oudtshoorn-besigheidskamer, het gaste verwelkom en kortliks toegespreek.
Sy het Hennie Davel namens die organisasie bedank vir sy inisiatief om persone wat korrektiewe gemeenskapsdiens moet verrig aan te wend om sekere opruimingstake in die dorp te doen.
Sy het lede aangemoedig om die Oudtshoorn-munisipaliteit se konsep-begroting deur te werk en die nodige insette te lewer.
Drie nuwe lede is verwelkom: Ketterer Attorneys, Du Plessis Gehoorpraktyk en Queens Mall Apteek.
Tans bestaan Oudtshoorn-besigheidskamer uit 149 besighede wat aktiewe lede is van die organisasie wat hul almal ten doel stel om verbetering en ekonomiese groei in Oudtshoorn aan te moedig.
Die Oudtshoorn-besigheidskamer glo ook aan 'n oop kommunikasiekanaal met Oudtshoorn-munisipaliteit en moedig aan dat toerisme, landbou en besighede onder een dak moet saamwerk om Oudtshoorn se ekonomie te versterk.
Die volgende netwerkaande vind plaas op 29 Mei, 26 Junie en 31 Julie.
Besighede wat nog nie 'n lid is nie kan Helen Butler kontak by 084 443 6320.
Vorige berigte:
- Gemeenskapsdiens word sinvol aangewend
- Oudtshoorn-besigheidskamer kies nuwe bestuur
- Niel Els oorlede
- Sakelui word geteiken deur kuberdief
- Sakelui word aangemoedig om asblik-projek te ondersteun
- Oudtshoorn sakelui ryg toekennings in
- Besigheidskamer groei teen 'n tempo
- Abri Ferreira vereer
- Nuwe bestuur tydens AJV verkies
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’