OUDTSHOORN NUUS - Die AHi Wes-Kaap het gisteraand, 7 November, hul gala- en toekenningsgeleentheid by Makietie-venue buite Oudtshoorn gehad en Oudtshoorn se sakelui het behoorlik geskitter.
Nie net is die Oudtshoorn-besigheidskamer aangewys as Sakekamer van die Jaar 2024 nie, maar is Abri Ferreira, voorsitter van die Oudtshoorn-sakekamer en mede-eienaar van Alert Patrol ook aangewys as Opkomende Sakeleier van die Jaar 2024.
Adalene Rudolph se besigheid, Enchanted Coffee, is aangewys as Klein Besigheid van die Jaar 2024.
Adalene Rudolph, eienaar van Enchanted Coffee, het met trots haar toekenning ontvang vir Klein Besigheid van die Jaar 2024 en Jan-Pierre Schoeman van Klein Karoo Eggs in Schoemanshoek is aangewys as Kleinboer van die Jaar 2024.
Jan-Pierre Schoeman van Klein Karoo Eggs is aangewys as Kleinboer van die Jaar 2024.
Helen Butler, kantooradministrateur van die Oudtshoorn-besigheidskamer, het 'n spesiale Voorsitter-toekenning gekry vir die werk wat sy by die sakekamer doen.
Abri Ferreira, Helen Butler en dr. Willie Cilliers.
Ander toekennings
Moorreesburg-sakekamer is aangewys as Opkomende Sakekamer van die Jaar 2024 en Lily Lines, Alicia van Schalkwyk van Steytlerville se onderneming, is aangewys as Beginner Besigheid van die Jaar.
Alicia van Schalkwys se besigheid Lily Lines, is aangewys as Beginner Besigheid van die Jaar 2024.
Die geleentheid is deur sakelui van oral bygewoon. Prof. Jannie Rossouw, ’n politieke ekonoom, het onder meer gesels oor hoe politiek die besigheidsektor beïnvloed en die rol van klein sakeondernemings.
Hy het ook gesels oor die onstabiliteit wat deur koalisieregerings nasionaal en ook in plaaslike munisipaliteite veroorsaak word.
Kongres
Vandag, Vrydag 8 November, word daar 'n kongres deur die AHi aangebied. Jody Hendricks, sportaanbieder en verslaggewer, is die gasspreker. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting gesels oor 'Waar lê ons stem as klein besighede in die beplande Nasionale Dialoog? en dr. Willie Cilliers, AHI-voorsitter, gesels oor die samewerking tussen sakekamers en plaaslike regering vir ekonomiese groei. Hy lewer ook die AHi se voorsittersverslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’