Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Inwoners word gewaarsku om versigtig te wees na 'n nuwe slenter kop uitgesteek het.
Volgens die eienaar van een van die besighede in Oudtshoorn het hulle 'n kliënt wat agterstallig was op 'n rekening gekontak. Die kliënt het egter gesê dat die besigheid 'n e-pos uitgestuur het waarop hulle aandui dat hul bankbesonderhede verander. Dit was egter nie die geval nie.
Dit blyk dat iemand die besigheid se inligting gebruik en dokumente vervals en na kliënte uitgestuur het.
Abri Ferreira, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer, het gesê dat hierdie sover 'n geïsoleerde voorval is.
"Ons is nog nie van ander voorvalle bewus nie, maar mense word tog gevra om waaksaam te wees teen sulke slenters. Wanneer kliënte sulke inligting van diensverskaffers ontvang en onseker is, kan hulle die diensverskaffer direk kontak om seker te maak die inligting is korrek."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’