OUDTSHOORN NUUS - 'n Skoon dorp is 'n mooi dorp, en saam kan almal hul deel doen om dié doelwit te bereik.
Hennie Davel, sakeman, asook lid van die Oudtshoorn-besigheidskamer is op 'n missie om soveel moontlik sement-asblikke in die sakekern te laat oprig.
"Sakelui kan so 'n asblik borg vir 'n minimale bedrag en dan ook hul eie handelsmerk daarop aanbring. Die asblikke word gereeld gediens."
Verder hoef jy nie noodwendig die asblik voor jou winkel te gebruik om te adverteer nie, doen dit op 'n ander een in die sakekern, dan is jou besigheid ekstra sigbaar."
Daar is reeds heelwat geborgde asblikke in die sakekern. Die asblikke is baie swaar en vasgeanker aan die grond sodat dit nie omgegooi of verwyder kan word nie.
Sakelui wat betrokke wil raak met die projek is welkom om vir Davel te kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’