OUDTSHOORN NUUS - Oudinwoner, Niel Els, is gisteraand, 11 Februarie, oorlede.
Die nuus is deur Tammy Moult, voorsitter van die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeburo bevestig.
"Dit is met diepe hartseer dat ek die nuus deel van die dood van Niel Els. Niel was 'n geliefde lid van ons toerismegemeenskap. Sy groter-as-lewe persoonlikheid en onwrikbare passie vir toerisme het soveel lewens geraak en hy sal altyd met groot liefde onthou word. Gedurende hierdie ongelooflike moeilike tyd het Niel se nabye familie en vriende privaatheid versoek."
Els, wat sedert 2021 in Houtbaai woonagtig was, was in sy tyd in Oudtshoorn mede-eienaar van die Turnberry Boutique Hotel. Hy was ook voorsitter van Oudtshoorn-toerisme, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer, voorsitter van Famsa Karoo en voorsitter van SCEP (South Cape Economic Partnership).
Hy was ook die president van Skål SA en die vise-president van Skål Internasionaal. Skål is ’n organisasie wat toerisme nasionaal en internasio¬naal bevorder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’