OUDTSHOORN NUUS - Justice Mooi, wat in Maart verlede jaar saam met Magdalene Titus lewenslange gevangenisstraf opgelê is vir die moord op Preston Titus, se aansoek om te appelleer is verlede Donderdag in die Kaapse hooggeregshof afgekeur.
Magdalene Titus was Preston se vrou en ook 'n ANC-raadslid op Oudtshoorn.
Preston Titus is in Desember 2017 wreed in sy huis op die weermagbasis in Oudtshoorn vermoor.
Hy is verskeie kere met 'n skerp voorwerp gesteek en ook met 'n stomp voorwerp geslaan.
Kort na die moord is Mooi, Titus, Masithembe Januarie en Natasha Stuurman vir die moord in hegtenis geneem. Titus was na bewering die baasbrein agter die moord op haar man. Stuurman en Januarie is onskuldig bevind.
Titus se appèlsaak het in September verlede jaar voorgekom en is ook geweier.
Verwante artikels:
- Maggie Titus se verlof om appél geweier
- Opvolg: Lewenslange tronkstraf vir moordenaars
- Weermagmoord: Mooi en Titus kry lewenslank
- Vonnisverrigtinge begin in Titus-moordverhoor
- Vonnisoplegging uitgestel
- Swart Vrydag vir Maggie
- Weermagmoord: Geen borg vir Titus
- Weermagmoord: Titus en Mooi skuldig
- Staat vra dat twee uitgespreek word
- Weermagmoordverhoor: uitspraak gaan môre voort
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'