Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Beide Magdaleen Titus en Justice Mooi het pas lewenslange tronkstraf vir moord gekry.
Die vonnisverrigtinge in die Preston Titus-moordverhoor het gister (Maandag 2 Maart) in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn begin.
Vonnisoplegging sou gister plaasvind, maar is tot vandag (Dinsdag 3 Maart) uitgestel.
Preston Titus is die nag van 1 Desember 2017 in sy woning op die plaaslike weermagbasis met ‘n mes doodgesteek.
Magdaleen Titus, Preston se vrou, en Justice Mooi is op 29 November verlede jaar aan sy moord skuldig bevind.
Mooi was die huurmoordenaar en Titus die meesterbrein agter die moord op haar man.
Mense was vanoggend gretig om die hofverrigtinge by te woon. Kyk 'n video hieronder.
VORIGE ARTIKELS:
- Vonnisverrigtinge begin in Titus-moordverhoor
- Vonnisoplegging uitgestel
- Swart Vrydag vir Maggie
- Weermagmoord: Geen borg vir Titus
- Weermagmoord: Titus en Mooi skuldig
- Staat vra dat twee uitgespreek word
- Weermagmoordverhoor: uitspraak gaan môre voort
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'