Update
OUDTSHOORN NUUS - Magdaleen Titus, wat vanmiddag skuldig bevind is van die moord op haar man, Preston Titus, sal Kersfees in die tronk wees.
Henk Carstens, Titus se regsverteenwoordiger, het vanmiddag 'n nuwe borgtogaansoek aan die hof gebring.
Titus het self getuig in die saak om buitengewone omstandighede te bewys vir waarom sy borgtog moet kry. Volgens haar is daar buitengewone omstandighede vir borgtog wat weer aan haar toegestaan kan word. Sy het aangevoer dat sy die R30 000 wat sy aanvanklik betaal het vir borgtog nodig het vir haar kinders, dat sy nie 'n vlugrisiko is nie en dat sy graag haar twee dogters op die vonnisoplegging wil voorberei.
Sy het ook gesê dat haar ma ernstig siek is en dat haar eie gesondheid ook nie goed is nie.
Adv. Christènis van der Vijver het egter gesê dat sy (Titus) nie op die stadium haar kinders se belange as buitengewone omstandighede kan gebruik nie omdat sy nie hulle belange in ag geneem het toe sy hul pa om die lewe gebring het nie.
Volgens Van der Vijver, is Titus wel 'n vlugrisiko omdat sy 'n baie lang vonnis in die gesig staar.
Hy het dit ook aan haar gestel dat korrektiewe dienste se mediese behandeling goed is en dat hulle in die tronk ook aan haar mediese behoeftes kan voorsien.
Regter Nolwazi Boqwana het in haar uitspraak oor die borgtogaansoek gesê borgtog word nie toegestaan nie.
Die saak is vir vonnisoplegging na 3 Februarie uitgestel.
Magdaleen sal Kersfees in die tronk wees.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Titus en Mooi skuldig
- Staat vra dat twee uitgespreek word
- Weermagmoordverhoor: uitspraak gaan môre voort
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
- Uitspraak in weermagmoord volgende week
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'