OUDTSHOORN NUUS - Die aansoek van Felicia Afrika (27) om teen haar vonnis van 15 jaar te appelleer, het verlede week in die Oudtshoorn-streekhof deur die mat geval omdat sy te lank gewag het om die aansoek te bring.
Afrika het in 2023 die Bridgton-rugbyspeler, Boutros ‘Boelie’ May met ’n mes doodgesteek.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die redes wat Afrika se regsverteenwoordiger aan die hof voorgehou het, verwerp.
Afrika het met haar verhoor onskuldig gepleit en gesê dat sy die betrokke aand, 12 Februarie 2023, uit selfverdediging opgetree het nadat May haar glo twee keer geklap het.
Die verhoor het op 1 September 2025 begin met die getuienis van twee staatsgetuies wat die betrokke aand saam met die oorledene by die Sky Lounge, ’n kuierplek in St. Johnstraat, was.
Moni het Afrika aan moord skuldig bevind en haar kommer uitgespreek oor vroue in Oudtshoorn en distrik wat moord pleeg.
Die hof kon geen wesenlike en dwingende omstandighede vind om van die voorgeskrewe minimum vonnis vir moord af te wyk nie en Afrika ook onbevoeg verklaar om’n vuurwapen te besit.
Vorige artikels:
- Geliefde Bridgton rugbyklubspeler oorlede
- Verdagte vasgetrek in Boutros May moord
- Boutros May moord borgaansoek uitgestel
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Gemeenskap hou plakkaatbetoging vir Boelie
- Opvolg borgtogaansoek van Felicia Afrika
- Duisende by Boelie se begrafnis
- Boelie moordverdagte doen aansoek vir borgtog
- Borgtogaansoek uitgestel
- Boutros-moord Afrika weer voor op 24 Mei
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Boutros-moordsaak uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’