OUDTSHOORN NUUS - Die sewende jaarlikse Klein Karoo Dust 4 Glory Challenge (D4G), wat Saterdag 17 Oktober by Wilgewandel Vakansieplaas plaasgevind het, was 'n reusesukses.
Die byeenkoms is een van die voorste hindernisbaanwedlope in die Tuinroete- en Klein-Karoo-streek.
Atlete van alle ouderdomme en ondersteuners van regoor die streek het byeengekom om hul staal op die uitdagende hindernisbaan te wys en deel van dié unieke sportgeleentheid te wees.
Die D4G het 'n avontuurlike ervaring vir die hele gesin, vriende wat na buitelugpret soek, ondernemings wat 'n unieke spanbouaktiwiteit wil aanbied, asook skole en leerders wat aan 'n aktiewe groepuitdaging wil deelneem, gebied.
Die deelnemers kon individueel of as deel van 'n span inskryf. Al wat nodig was, was 'n paar drafskoene en 'n avontuurlustige gees.
Die uitdaging gaan egter oor meer as fisieke uithouvermoë. Die deelnemers se betrokkenheid help ook om plaaslike liefdadigheidsorganisasies te ondersteun. Elke hindernis wat oorkom word, dra dus ook tot die gemeenskap by.
Vanjaar se byeenkoms vorm deel van die Obstacle Fitness South Africa (Ofsa) se nasionale reeks.
Pienaar Muller, eienaar en stigter van D4G, en Juan Botes, eienaar van ChaingGang Events, bedank al die deelnemers, ondersteuners, borge, vrywilligers en ander rolspelers wat tot die sukses van vanjaar se uitdaging bygedra het.
Hulle sê almal se ondersteuning en samewerking het weereens bewys dat D4G veel meer as net 'n hinderniswedloop is; dit is 'n viering van sport, spanwerk, deursettingsvermoë en gemeenskapsgees wat mense van verskillende ouderdomme en agtergronde bymekaarbring.
"'n Geleentheid van hierdie omvang is nie moontlik sonder die onvoorwaardelike ondersteuning van ons borge nie," sê Muller. "Ons wil graag 'n spesiale woord van dank rig aan ons hoofborge en vennote vir hul waardevolle bydrae tot die sukses van die geleentheid."
Uitslae
Pro, mans
1. Daniel Hughes
2. Herschelle Jantjies
3. Batandwa Adonis
Pro, vroue
1. Angi Connoway
2. Chane Spangenberg
3. Claire Denton
Medium, mans
1. Ethan Voigt
2. Ethan van der Linde
3. Sheldon Dodds
Medium, vroue
1. Iza Lourens
2. Elizabeth Lourens
3. Deseray du Toit
Medium, korporatiewe spanne
1. Die Geitjies: Zaan Redlinghuys, Asher Stevens, Niah Bahnsen en Cassia Stevens
2. #HalfVintage: Willem Pieter Annandale, Connor Myburgh, Hugh Alexander Steyn en Steven Alexander Steyn
3. Daisy Endurance Athletes: Ruan Bath, Gielie Marais, Minke Kruger en Mine Verdoes
Medium, gr. 6- en 7-seuns
1. Jean Botha
2. Josua Joubert
3. Steyn Stempels
Medium, gr. 6- en 7-meisies
1. Helena Lourens
2. Jani Botha
3. Helena de Waal
Medium, gr. 4- en 5-seuns
1. Rudolf Smith
2. Stefan Joubert
3. Jean Smit
Medium, gr. 4- en 5-meisies
1. Mari Lourens
2. Bea Bence
3. Anja Lamprecht
Mini, seuns
1. Aaron Bence
2. Xander Smith
3. Railey du Plessis
Mini, meisies
1. Nina Arrenbrecht
2. Hanna van der Mewrwe
3. Marli Kotze.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’